Preke
Ons eredienste word in audio formaat lewendig uitgesaai. Kliek hier om daarna te luister. Vorige uitsendings kan ook afgelaai word. Om hierdie proses makliker te maak kan jy die app: Kerkdiensgemist aflaai (Android en Apple) om na vorige preke te luister of lewendig in te skakel. Die erediens is Sondae-oggende om 09:30. Soek “Bloempark” in die soekfunksie in en stoor dit deur die sterretjie bo aan die bladsy as ‘n gunsteling by te voeg.
Ons preke is ook beskikbaar op Youtube. Vir die wat verkies om na vorige preke te kyk. Neem asb in ag dat die videos hoë kwaliteit is en groot bandwydte op jou selfoon kan opneem. Gebruik dus hierdie opsie verkieslik oor ‘n wifi konneksie.
Die Kollig (Gemeentenuus)
Ons versprei die Kollig (ons gemeenteblaadjie) weekliks via Whatsapp.
Kontak ons om deel te word van die Gemeente se Whatsapp groep