Ek is Nuut
Bloemparkers, verstaan dat dit nogal uitdagend kan wees om deel te word van ‘n groot gemeente. So baie dinge wat gebeur en jy ken amper niemand nie en weet nie eintlik eers hoe om betrokke te raak nie! Ontspan! Ons is hier om te help, om jou en jou gesin sommer gou deel te laat voel.
Weereens baie WELKOM! Ons is dankbaar om jou by ons familie te verwelkom! As Bloempark is ons deel van die groter GKSA Kerkfamilie (Die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika). Besoek gerus hulle webwerf – dalk wil jy uitvind waar ons vandaan kom of wat ons almal as kerke in die verband saam bely.
Die maklikste manier om dadelik ingelig te wees oor alles wat gebeur by Bloempark – gaan like beslis ons Facebookblad en Subscribe tot ons channel op Youtube vir al ons preke in video formaat.
Preke
Ons wil graag ‘n gemeente wees wat groei in en deur die Bybel. Jy kan die Preke van Sondag aflaai – in geskrewe formaat of in klank. Dit is beskikbaar by Ons Erediens.
Die Kollig
Ons gemeenteblaadjie, die Kollig, word via Whatsapp versprei. Dit gaan vir jou vars inligting gee oor wat gebeur in ons gemeente!
Preekbegeleiding
Maar wat van my kind? Ons het Preekbegeleiding vir die 0-6 jariges. Preekbegeleiding is om die preek in maklik verstaanbare terme vir die kleintjies te verduidelik. Hierdie is dus ‘n unieke manier van bediening terwyl die preek aan die gang is. Hulle kry geleentheid om die erediens te verlaat net voor die preek aanbreek.
Enige Vrae
As jy enige verder vrae het oor ons gemeente – moenie huiwer om te vra nie! Ons help graag waar ons kan! Hier is sommer weer ons kontakbesonderhede van ons kerkkantoor. Die dame in die kantoor se naam is Lucille, sy sal al jou vrae beantwoord en julle vinnig laat welkom voel!
Wie is ons?
Naby waar ‘n eensame doringboompie dekades gelede op ‘n bult waggehou het oor die wye vlaktes in die suidweste van Bloemfontein, troon die betonstruktuur van Bloempark se kerkgebou vandag uit bo ‘n see van bome en dakke in Fichardtpark ... lees verder
Kontakbesonderhede
Die Kantoor
Lucille van Jaarsveld
Kantoornommer: 051 522 7999
Ds. Zak Scholtz
Selfoon: 062 154 8847
Eredienstye
Tyd: 09:30 / 18:00
Plek: H/v Stollreither & Charlie Sutton str, Fichardtpark, Bloemfontein